Login
Quick Search
Contact us for more info on Future-Fun CAPS Content and Assessments e-Publications
TESTIMONIAL
Laerskool Bellpark Added on 08 November 2008
Laerskool Bellpark is bevoorreg om die afgelope paar jaar by Futurekids betrokke te wees. Al ons leerders van Grade R tot 7 asook die OLSO-Eenheid ontvang weekliks effektiewe onderrig deur puik gekwalifiseerde personeel in die moderne toegeruste rekenaarsentrum.
 
Daar het hul toegang tot die nuutste tegnologie, internet en E-pos fasiliteite.
 
Hulle word ook volgens ’n vaste sillabus onderrig waar daar duidelike en sinvolle progressie plaasvind. Die leerders kan ook vorder tot die vlak waar hul, hulself vir die internasionale geakkrediteerde ICDL (International Computers Drivers Licence) kan inskryf. Etlike leerders het reeds onder die bekwame leiding van Futurekids personeel dit aangepak en suksesvol gevorder. 
  
Die geleentheid word ook aan die leerders gebied om die rekenaarsentrum na skool te besoek vir navorsing asook aan volwassenes vir verdere opleiding. Die effektiewe onderrigkultuur wat deurgaans in die rekenaarsentrum heers verdien spesiale vermelding.
 
BAIE DANKIE vir die puik diens wat u lewer en sterkte met die goeie werk !!! Ons leerders se mondering word sodoende versterk en word hul goed voorberei vir die toekoms.
 
 CH NELSON
 
SKOOLHOOF
Laerskool Bellpark