Login
Quick Search
Contact us for more info on Future-Fun CAPS Content and Assessments e-Publications
TESTIMONIAL
Laerskool Bellville Added on 08 November 2008
Futurekids het ons gehelp om ‘n fantastiese rekenaarsentrum by ons skool te begin. Nou ontvang ons leerders elke week ‘n uur rekenaarvaardigheid deur Futurekids modules. Die modules is uitstekend saamgestel met gebruikersvriendelike gidse vir onderwysers en prettige lesse vir leerders.
 
Die temas van die modules sluit aan by die werk wat in die klas behandel word sodat dit maklik geïntegreer kan word.
 
Die leerders geniet elke oomblik daarvan en leer ongelooflik baie uit die inhoud. Hulle leer ‘n magdom rekenaarvaardighede aan en word in die proses uiters vaardige rekenaargebruikers.
 
Ons kan Futurekids baie sterk aanbeveel vir enige skool wat hulle leerders ‘n uitstaande rekenaarvaardigheidsprogram wil bied!
 
 
C.A. van Alten
Skoolhoof
Gereformeerde Laerskool Bellville