Login
Quick Search
Contact us for more info on Future-Fun CAPS Content and Assessments e-Publications
TESTIMONIAL
Laerskool Vredelust Added on 08 November 2008
 
Met die implimentering van UGO het druk op onderwysers en leerders toegeneem om al hoe meer van multimedia gebruik te maak om inligting te bekom en te verwerk. Dit is nie alle leerders wat toegang tot rekenaars in hul huishoudings het nie. 
 
Gelukkig is my skool bevoorreg om oor die dienste van Futurekids te beskik. 
 
'n Nuwe wêreld het vir leerders en onderwysers oopgegaan. Met Futurekids se puik lesse het leerders sommer in 'n japtrap rekenaarvaardig geword en menige ouer in verwondering gelaat oor hul kinders se kennis i.v.m. rekenaars.
 
Al ons leerders word weekliks vir 'n uur aan Futurekids se topgehalte programme bekend gestel. Vir menige leerder is dit die hoogtepunt van die week en kan hulle nie wag dat hulle periode aanbreek nie. Selfs die Graad R-klasse geniet dit om speel-speel hulle muisvaardighede te oefen. Dink net wat sal hulle alles van 'n rekenaar weet wanneer hulle by Graad 7 uitkom!!
 
Elke leerder het ook die geleentheid om na skool die sentrum te gebruik vir verdere navorsing.
 
“Laerskool Vredelust sonder Futurekids in die toekoms?? - NOOIT ! ! !”
 
Francois Visser
Skoolhoof
Laerskool Vredelust