Login
Quick Search
Contact us for more info on Future-Fun CAPS Content and Assessments e-Publications
TESTIMONIAL
L/S Genl Hendrik Schoeman Added on 08 November 2008
LAERSKOOL GENERAAL HENDRIK SCHOEMAN REKENAARSENTRUM
Laerskool Generaal Hendrik Schoeman is geleë aan die voet van die Magaliesberge by die Hartbeespoortdam. Tien jaar gelede het ons begin met 11 rekenaars in die ou mediasentrum. Vier jaar gelede het ons oorgeskuif na ‘n baie groter lokaal en vandag het ons het 'n pragtige rekenaarsentrum met 38 rekenaars wat almal aan die internet gekoppel is.
 
Twee keer per jaar word 'n verslag van elke leerder aan die ouers gestuur. Aan die einde van elke jaar met die Erkenningsaand, word sertifikate aan die leerders oorhandig wat uitsonderlik in Rekenaarvaardigheid presteer het. Integrasie met leerareas vorm 'n baie belangrike deel van die lesaanbiedings.
 
Leerders word toegelaat om speletjies te speel na ure en natuurlik moet hulle betaal om te kom speel. Hierdie fondse word dan weer gebruik om nuwe sagteware aan te koop. Teen betaling kan leerders drukwerk doen.
 
Ek, Marie van Zyl, kan getuig dat Futurekids my deur die afgelope 10 jaar gedra het. Ek is so dankbaar vir al die opleiding (en ek het bykans al die kursusse gedoen) wat Futurekids tot my beskikking gestel het. 
 
Ek het selfs ondersteuning gekry toe ek 8 jaar gelede by die Universiteit van Pretoria ingeskryf het vir die Verdere Onderwysdiploma in Rekenaargesteunde Onderwys. 
 
Ons skoolhoof en beheerliggaam het ook nog altyd Futurekids ondersteun. Ondersteuning is sowaar net ‘n oproep ver. Die “manuals” is baie duidelik en daar is soveel lesse om uit te kies! Die span van Futurekids doen regtig hul bes om by al die verandering van die onderwys te bly. 
 
Dankie
Marie van Zyl