Login
Quick Search
Contact us for more info on Future-Fun CAPS Content and Assessments e-Publications
TESTIMONIAL
Deo Gloria ACE Added on 08 November 2008
In 2003 het ons  skoolhoof, Annalene Vorster, my genader om FutureKids by DGCA aan te bied.  Ek moet belei dat ek op daardie stadium minder as niks van Rekenaars geweet het.  Haar aanbod het het my in koue sweet laat uitslaan.  Ek het nog altyd geglo, dat as jy die geleentheid kry om jouself te verbeter, jy dit met albei hande moet aangryp. Dit het ek toe gedoen.
 
Met vasberadenheid om 'n sukses hiervan te maak, het ek stadig begin. Dit het my 4 ure geneem om my eerste halfuur lessie in Excel 1 voor te berei.  Ek het my les woord vir woord uitgetik en gebid dat die studente my net nie iets moet vra nie, want ek het geweet daar is nie 'n manier dat ek hulle sou kon antwoord nie. Ek het begin met 6 studente op 6 stok ou Rekenaars. Wilmarie Pretorius het altyd gesê, as sy die dag die lotto wen, koop sy vir Deo Gloria nuwe rekenaars.
 
Gelukkig was dit nie nodig om te wag tot Wilmarie die lotto wen nie!  In 2006 het Deo Gloria 'n hele rekenaar sentrum op die been gebring, met splinter nuwe rekenaars en 'n heerlike lugversorger!!   Ek het stadig-maar-seker geleer, en het vroeër vanjaar my eerste graad 12's deur Futurekids gesit. 
 
Hierdie ondervinding het my baie geleer.  Ek is meer georganiseerd en kan georden my dagtaak aanpak.  Ek staan met meer en meer selfvertroue voor die studente, en beantwoord graag  hulle vrae.
 
Ek gee tans Skillspro/ Futurekids vir die hele skool van graad 0 tot Matriek en geniet elke oomblik hiervan.  Daar was baie kere dat ek wou handoek ingooi en alles los, maar dan was ek nog nooit iemand wat sommer moed opgee nie.  Futurekids het my bemagtig om myself te verbeter en om kinders voor te berei vir hulle toekoms. Die duidelike manier waarop die Manuals uiteengesit is maak dit moontlik dat enige iemand rekenaars kan baasraak, selfs ek!!
 
Vriendelikke Groete
Iza van Dien
Deo Gloria