Login
Quick Search
Contact us for more info on Future-Fun CAPS Content and Assessments e-Publications
TESTIMONIAL
Laerskool Louw Geldenhuys Added on 08 November 2008
 
Ronel Barnard is die onderwyseres in die rekenaarsentrum vir die afgelope 16 jaar .
Die Futurekidskurrikulum word reeds vir die afgelope 12 jaar gebruik met groot sukses.
 
Laerskool Louw Geldenhuys is 'n skool met 'n interessante geskiedenis en vandag 'n modelskool waarop ons trots kan wees.
 
Ronel Barnard, wat ek leer ken het as 'n wonderlike ambassadeur van haar skool, is verantwoordelik vir die rekenaaropleiding. Haar entoesiasme en betrokkenheid by die leerlinge maak die rekenaaropleiding vir die kinders 'n wonderlike ervaring.
 
Ronel skryf die volgende:
Ons gebruik die Futurekidskurrikulum waar ek African Adventures en Real Journeys met die kinders doen. Vanaf Gr. 1 tot Gr. 3 gebruik ek Paint, Microsoft Word, Excel en Powerpoint. Gr. 4 tot 6 doen hul lesse in Microsoft Word, Excel, Powerpoint en Publisher.
 
Gr. 7 skryf die Skillspro-eksamens oor alles wat hulle by my in die rekenaarklas geleer het waarvoor hulle dan 'n geakrediteerde sertifikaat ontvang. Hul skryf eksamen in Microsoft Word, Microsoft Excel, Microsoft Powerpoint, Publisher en Windows.

Laerskool Louw Geldenhuys is in 1902 gestig.

Die skool is op die hoek van Sewende Straat en Derde Laan in Linden geleë.
Op die oomblik is daar 617 kinders in die skool.
 
Mnr. Arrie Genis is die skoolhoof by Louwtjies sedert 1986.
 
Laerskool Louw Geldenhuys se Visie:
ö    Kinders met entoesiasme
ö    Onderwysers met passie
ö    Ouers met betrokkenheid
 
Wat Louwtjies vir u kind kan doen:
ö    Skep geleenthede vir kinders om te ontwikkel
ö    Holistiese benadering akademie, sport, kultuur
ö    Gesonde karaktervorming
ö    Goeie akademiese vorming en Futurekids
ö    Goeie sosiale ontwikkeling
 
 
Louwtjies wil verantwoordelikheid neem vir die skep van ‘n klimaat van positiewe en entoesiastiese deelname sodat daar ‘n verskil ontstaan in die lewens van alle mense wat deur die skool geraak word.