Login
Quick Search
Contact us for more info on Future-Fun CAPS Content and Assessments e-Publications
TESTIMONIAL
WORD of Life ACE Added on 08 November 2008
WORD of Life ACE
 
Ons skool het in 2000 met Futurekids begin met my aan die stuur daarvan.  Ek het die teachers training gedoen en nie lank daarna nie die ICDL voltooi.  Ek het in 2008 die Assessor kursus by Bonisa training voltooi, asook al die Adv ICDL vakke se eksamens geskryf en deurgekom. Tans gee ek FK vir G1 - Gr 7, en ICDL vir Gr 8 en 9.  In Gr 10 en 11 doen ek die skillspro advanced vakke (level 3 en 4).  Daarna spoor ek die studente aan om die Adv ICDL eksamen te skryf. 
 
In die sentrum het ek 9 rekenaars wat almal nou op XP hardloop.  Ons rekenaars is op die oomblik absoluut op standaard en alles loop soos dit moet.
 
Wat ons geniet van FK is dat die kurrikulum maklik is om te volg.  Omdat baie van die lesse interaktief is, geniet die studente dit en vind hulle baie baat.  Ek sien dit veral wanneer ons met ICDL begin.  Die "basics" is dan reeds goed vasgelê. 
 
Ek hou ook baie van die ondersteuning wat ek by FK kry.  Omdat ek nou al redelik gevestig is, gebeur dit so dat ek nou nie so veel ondersteuning benodig nie.  Wanneer ek wel daarvan gebruik maak, kry ek dit dadelik en sonder probleme.  Dankie daarvoor.
 
 
Groete
Marianna