Login
Quick Search
Contact us for more info on Future-Fun CAPS Content and Assessments e-Publications
TESTIMONIAL
Laerskool Wolmaransstad Added on 08 November 2008
Vanaf Wolmaransstad Laerskool bedank ons in die besonder u  vir 10 jaar wat ons saam met julle kon werk.
 
Julle beskik oor uitstekende inligtingsprogramme rondom ons rekenaaropleiding vir ons leerders. Die leerders geniet die leerprogram baie. Weet u wat vir my as onderwyseres van Laerskool Wolmaransstad se Futurekids die heel meeste beteken – ouers wat kom sê ons kinders weet al baie meer as ons op 'n rekenaar. Hulle kan al persentasies ens. uitwerk op die rekenaar. Ons moes altyd help, nou is dit so lekker. Die leerprogram help ons leerders baie. Hulle presteer ook baie goed in hul rekenaareksamens en ook eksamens soos in die conquesta olimpiade (buite eksamens- nie skillspro)
het ons skool hierdie jaar onder my leiding die diamanttoekenning ontvang waarop ons baie trots is. (80%). Ons hoop ons gaan onder die top 20 skole val ons wag nog vir daardie finale antwoord. Maar ons het nogmals puik presteer en ek dink hul kry hul grondslag beslis van kleintyd af met die futurekids programme en opleiding.
Die programme is baie verykkend en leersaam en ons beveel dit ook aan vir ander skole.
 
Futurekids is uitstekend ! Julle lewer puik diens, dankie in besonder vir Elize en Gerda.
 
Nogmals baie dankie.
 
Ansie Lubbe- Laerskool Wolmaransstad Futurekidsonderwyseres