Login
Quick Search
Contact us for more info on Future-Fun CAPS Content and Assessments e-Publications
TESTIMONIAL
Deo Gloria ACE 2010 Added on 12 August 2010
Aan die begin het ek redelik langtand aan die sokker-ding gekou.  Ek het niks van sokker geweet nie, ek het nie die spel verstaan nie en het glad nie geweet waaroor al die bohaai is nie.  Daarby wou Futurekids nog hê ek moet 'n klomp lesse oor sokker aanbied – agnee, moet ek regtig, het ek gedink.
 
 
Well, if you can't beat them, join them. Ek het ingespring en saam met die kinders geleer.  Die sokker-ding was aansteeklik, en gou was ek meer opgewonde as almal saam. Daar was geen keer aan ons nie.
 
Met die afskop van die eerste wedstryd kon ek met selfvertroue die spel volg, en aan my man verduidelik wie is wie op die veld, waar kom die span vandaan, hulle geskiedenis, hulle kos, en wie weet wat nog alles.  Wat Futurekids my nie geleer het nie, het die kinders my geleer.  2010 Sokker was 'n onvergeetlike ondervinding vir ons almal.  Dankie Futurekids, amper het ek dit gemis!!!
          - Iza van Dien, Deo Gloria Christian Academy

Type your testimonial here...