Login
Quick Search
Contact us for more info on Future-Fun CAPS Content and Assessments e-Publications
TESTIMONIAL
Laerskool Wierdapark Added on 11 September 2013

Laerskool Wierdapark gebruik al die afgelope 5 jaar Futurekids – African Adventures in die rekenaar klasse.Van die begin van 2013 het Futurekids ons as proefskool gebruik om die nuwe Fun Caps lesse te toets.

Die materiaal is tans beskikbaar in Engels,Wiskunde en Lewensorientering vir Grade 1 – 3 en in Wiskunde en Lewensorientering vir grade 4 – 6.

Die lesse is ten volle geintegreerd met CAPS wat dit maklik maak vir die personeel om die inligting as aanvulling tot hulle bestaande lesse te gebruik.

Elke les bestaan uit ‘n lesplan in e-boek formaat met hulpbronne soos ‘n video clip of ‘n Power Point aanbieding.

Die uiteensetting van die lesse maak dit baie maklik om die gepaste les te vind om te gebruik in die klas.

Elke klas is toegerus met projektors en ‘n witbord vir die gebruik van die lesse.

Die personeel van die skool is baie opgewonde oor die lesse want baie tyd en internettyd word gespaar om gepaste materiaal te soek vir elke tema.

Die leerders geniet dit om visueel gestimuleer te word en om aktief te kan deelneem aan ‘n les.

Beste wense,

Annamari Havenga

Laerskool Wierdapark