Login
Quick Search
Contact us for more info on Future-Fun CAPS Content and Assessments e-Publications
TESTIMONIAL
Wellington 3 de jaar onderwys student Added on 13 September 2013

 

Future-Fun CAPS e-publikasies:

02 Plaas simmetrie en 08 Verbind die simmetriese kolle:

Die leerders het hierdie aanbiedings verskriklik geniet! Hulle was mal oor die plaastema!  Dit was gepas vir hulle ouderdom - dit was maklik genoeg vir swakker leerders, maar daar is ook 'n uitdaging of twee vir die sterker leerders.    Dit het lekker gewerk!

Die leerders het dit baie geniet om self die kolle te verbind op die "smart board".  Dit het defnitief gehelp dat hulle die konsep van simmetrie makliker verstaan.  Die leerders moes na die tyd 'n aktiwiteit doen oor simmetrie en amper al die leerders het baie goed gevaar.  Daar was net 3 leerders wat daarmee gesukkel het.

02 Patroonvasvrae

Die leerders het die verskeidenheid prentjies baie geniet.  Hulle het so opgewonde geraak om elke keer te sien watter prentjies volgende is.  Dit is 'n goeie aanbieding met 'n verskeidenheid patrone wat die leerders moet identifiseer en kopieër.

03 3D Voorwerpe hersiening

Dit was 'n uitstekende aanbieding!  Leerders het dit ongelooflik baie geniet!  Dit was ook maklik genoeg vir swakker leerders, maar met genoeg uitdagings vir die sterker leerders. Ek het hierdie aanbieding gebruik vir my KRIT-les en dit het regtig uitstekend gewerk. 

Algemene terugvoering:

Die Future-Fun CAPS aanbiedings werk fantasties!! Die leerders is baie meer gretig om deel te neem aan die les op die "Smart board" as 'n gewone lesaanbieding.  Hulle neem defnitief meer aktief deel en al die leerders wil 'n beurt hê om iets op die bord te kom doen.  Die leerders het elke keer so opgewonde geraak sodra ek net my flash drive in die rekenaar sit, want hulle weet daar volg weer 'n nuwe 'avontuur' op die bord!  Dit was regtig lekker en bevredigend om te sien hoe baie die leerders geleer het en hoe baie hulle dit geniet het om deel te neem aan die Future Fun-CAPS lesse.  Dit was defnitief 'n baie positiewe ervaring!

Ek het ook gebruik gemaak van al die Graad 3-presentations oor die Ruimte.  Dit was 'n ongelooflike ervaring vir die leerders.  Dit was lekker om elke nou en dan te hoor "Wow!", "Awesome!", ens.  Die leerders was regtig stom geslaan deur al die mooi prente in hierdie presentations.  Dit was uitstekend! 

 

 Ilze Willemse,

 3 jaar onderwysstudent

Wellington