Login
Quick Search
Contact us for more info on Future-Fun CAPS Content and Assessments e-Publications
TESTIMONIAL
Pandsdrif Laerskool Added on 08 November 2008
PANSDRIF LAERSKOOL
 
Ons is ‘n klein Plaasskool hier buite Brits, so 17 km buite die dorp, in die Noord Weste
Pansdrif Laerskool is al vir verskeie jare by Futurekids en het begin in ‘n rondawel met net 4 rekenaars!!
Met die jare het die skool se getalle gegroei van 100 leerlinge na oor die 300 leerlinge.
Die Rekenaar lokaal het intussen verskuif na ‘n klaskamer en spog nou al met 13 Rekenaars. 
 
Alhoewel die sentrum klein en die klasse groot is maak ons nog altyd ‘n plan om almal te akkommodeer. Elke graad is in 2 groepe verdeel en kom twee maal per week Futurekids toe. Ons beskik oor geen oorhoofse projektor of internet in die klas nie en gebruik nog Windows 95 op sommige rekenaars. Ses van ons rekenaars is nog so oud dat hul geen CD Rom of Geheue dryf het nie en steeds kan ons Futurekids daarop doen. 
 
Leerlinge wat nou al in die Hoërskool is kan getuig van die ondervinding wat hulle in die Futurekids klas opgedoen het en hoe dit hulle gehelp het met take wat hulle nou moet doen. Alles word op rekenaar gemaak en so nou en dan sal daar ‘n oudleerling ‘n draai kom maak om te hoor hoe om nou weer dit of dat te doen.
 
Ons is ongelooflik beïndruk met die Manuals wat Futurekids beskikbaar het omdat alles so duidelik uiteen gesit is en voorbereiding tot die minimum beperk. Die African Adventures reeks is skitterend veral omdat dit hand aan hand loop met die kurrikulum wat die leerders op skool neem. Dit vergemaklik assessering en vaslegging van skoolwerk. Baie dankie vir al die jare se bystand en hulp. Hier by Pansdrif waardeer ons alles wat Futurekids vir ons doen. 
 
Doen so voort!!!!!
 
Anita Meyer
Rekenaar Faciliteerder